Welkom by die NG gemeente in Kirkwood

Ons lewe deur die Gees laat die Gees nou ons gedrag bepaal Gal.5:25

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

NGK Kirkwood

I-Net Bybelstudie

E-pos Afdruk PDF

Kom word deel van hierdie unieke Bybelstudiegeleentheid!

Ons lees elke week, vir 'n week lank, dieselfde hoofstuk van 'n Bybelboek.  Elke dag deel ons met mekaar hoe die Heilige Gees met ons gewerk het deur 'n e-pos te stuur wat dan in die groep versprei word.

 

Hierdie week lees ons die hoofstuk wat hier onder verskyn saam met die Bybelstudievrae.

 

Vir die vorige 7 dae se bydeaes kan jy HIER GAAN LEES!

Kontak enige van die dominees vir verdere besonderhede.

Laas Opdateer op Maandag, 27 Februarie 2012 11:21

Bybelstudie: Handelinge 18

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Handelinge 18

 

  1. Hoe het die Romeine oor Jesus en die boodskap oor Hom gevoel (vers 12-17)?
  2. Hoe sou Paulus gevoel het oor sy sending in Korinte (1 Kor. 2:3)?  Hoe sou die visioen van God en die geskenk van die mense in Filippi hom laat voel het?
  3. Dink jy dat gewone gelowiges ook oor hul werk/besigheid moet dink as iets wat dit vir hulle moontlik maak om God se Woord te versprei?  Dink ons so?
  4. Wat se prentjie word vir ons geskets van Priscilla en Akwila?  Hoe word Apollos uitgebeeld (v.24-26)?
  5. Watter invloed het Apollos in Agaje en spesifiek in Korinte (v.27-28 en 1 Kor.3:4-6) gehad?
  6. Hoe het Priscilla en Akwila vir Apollos bygestaan?  Wat vertel dit vir julle oor die rol van vroue in die Nuwe Testament?
  7. Hoe balanseer jou gemeente die evangelisasie van ongelowiges met die opbou en toerusting van gelowiges?

Bybelstudie: Handelinge 17

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Handelinge 17

 

  1. Hierdie is die sesde keer dat Paulus uit ‘n gebied moet vlug a.g.v. vervolging?  Hoe sou dit jou beïnvloed het as jy Paulus was?  Wat is sy reaksie?
  2. Kyk ‘n bietjie of julle meer inligting oor die Epikureërs en Stoïsyne kan kry (julle kan selfs die dominees bel – hoop hulle weet iets!!).  Wat beklemtoon Paulus in sy toespraak by hulle?  Hoe hou dit verband met wat hulle glo?
  3. Hoe verskil hierdie boodskap van Paulus van die een wat ons in 13:16-41 kry?  Paulus gebruik nie teksverwysings in hierdie gedeelte nie.  Is dit ‘n sterk- of swakpunt?
  4. Hoe stem hierdie boodskappe ooreen in wat hulle van Jesus sê?
  5. Hoe vergelyk Atene, Berea en Tessalonika se reaksie op die boodskap wat Paulus bring?
  6. Wat kan ons van Paulus se manier van praat met mense leer vir ons eie getuienis?

Bybelstudie: Handelinge 16

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Handelinge 16

  1. Waarom verander die persoonlike voornaamwoorde in hierdie hoofstuk van “hulle” (vers 8) na “ons” (vers 10)?  As ‘n mens in ag neem dat Lukas hierdie boek geskryf het (1:3-4), wat sê dit van hom?
  2. Vergelyk vers 13 met hoofstuk 14:1 en ook hoofstuk 17:2.  Waarom is dit belangrik om te weet dat daar nie ‘n sinagoge in Filippi was nie?  Hoe het dit Paulus se strategie verander om met die mense oor Jesus te praat?
  3. Wat staan vir julle uit van Lidia se beroep en bekering?  Hoe het God jou hart oopgemaak  om op die evangelie te reageer?
  4. Wat is die gevolg van die tronkbewaarder se bekering?  Hoe kry sy bekering dus uitdrukking in hierdie hoofstuk?
  5. Die slavin se eienaars het finansieel skade gelei a.g.v. Paulus en Silas se optrede.  Wat kos jou christenskap vir jou?  Christenskap kos altyd iets, daarom sê Jesus self dat ons ons kruis moet opneem om hom te volg.
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator

Wie is hier?

Ons het 5 gaste aanlyn
You are here: Tuis